Daar is soveel maklike en vinnige maaltye wat jy kan maak met bestanddele wat alreeds in jou yskas is.
Vandag kyk ons na ‘n resep vir lekker chow mein-noedels.
Sien ‘n verdere lys van resepte hier.
Chow mein-noedels
Meng pasta, soos rysnoedels of spaghetti, saam met groente, sojasous, knoffel, kookolie en oestersous.
Bestanddele
2 eetlepels kookolie
¼ kop kool, dun gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk of gepers
2 eetlepels sojasous
4 eetlepels Worcestersous
1 koppie water
340 g gaar chow mein-noedels
170 g boontjiespruite (opsioneel)
sesamsaad vir garnering (opsioneel)
Instruksies
Verhit ‘n groot pan of wok op hoë hitte.
Voeg twee eetlepels kookolie in die pan en roerbraai die koolrepies.
Kook twee tot drie minute tot sag, voeg die knoffel by en kook vir nog 30 sekondes.
Voeg die sojasous, Worcestersous en water by en laat kook vir een minuut.
Voeg die pasta en boontjiespruite by en meng goed. Sit dadelik voor.



