MPUMALANGA. – Tersius du Plessis (36) wat homself oorgegee het na die moord op Johanna Rossouw (86) in ’n aftreeoord het gister vlugtig in die hof verskyn.
Nie bekend aan Rossouw nie
Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê speurders was besig om in Mondeor te werk toe Du Plessis hom oorgegee het. Volgens Hlathi is Du Plessis nie bekend aan Rossouw nie.
Du Plessis het na bewering in ‘n stemboodskap aan ‘n vriendin gebieg en gesê hy is is jammer hy het dit gedoen.
In Eden Park-aftreeoord
Rossouw (86) se lewelose liggaam is met verskeie steekwonde, haar hande vasgebind en met ’n mus in haar mond gedruk, in haar woonplek in Eden Park-aftreeoord gevind.
LEES OOK: Bejaarde se liggaam met steekwonde in aftreeoord gevind
Volg ook FiND iT hier vir die nuutste nuus.



