February 25, 2021

Bejaarde se liggaam met steekwonde in aftreeoord gevind

MPUMALANGA. – Johanna Rossouw (86), in lewe woonagtig in Eden Park-aftreeoord, se lewelose liggaam is met verskeie steekwonde, hande vasgebind en met ’n mus in haar mond gedruk, in haar woonplek gevind.

Volgens die polisieverklaring is die slagoffer moontlik aangehou voor sy doodgesteek is. Verskeie van haar besittings, asook haar wit Honda Jazz, is gesteel.

Die polisie het dadelik ’n soektog begin waarna hulle die voertuig verlate in Krugersdorp gevind het. Die polisie is steeds op soek na die verdagtes.

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: