Sal jy ’n vampier-gesigsontrimpeling laat doen?

Foto: Healthista
Dié anti-verouderingsprosedure behels dat bloed, wat uit jou arm getrek word, in jou gesig ingespuit word.
Volgens Healthline is ’n vampier-gesigsontrimpeling wanneer bloed uit jou arm getrek word en dan in ’n sentrifuge (‘n masjien wat vinnig draai om vloeistowwe van verskillende digthede te skei) geplaas word. Dit skei die bloedplaatjies van die res van die bloed.
Die bloedplaatjieryke plasma word daarna met hyaluronsuur in jou gesig ingespuit.
Die gesigsontrimpeling is doeltreffend omrede die plasma wat uit jou bloed kom proteïenryk is. Die plasma bevat ook groeifaktore, wat die selomset, kollageenproduksie en elastisiteit vir ‘n stewiger, jonger vel kan verhoog.
Newe-effekte sluit in swelling, jeukerigheid en ’n gebrand. Die prosedure neem een tot twee ure en na drie dae behoort jy gladder veltekstuur te sien. Die resultate hou vir ’n jaar.
Die prosedure word deur talle bekendes gedoen.