Moederliefde oorskry alles

VERENIGDE KONINKRYK. – ’n Ma (98) in Liverpool het na dieselfde versorgingseenheid as haar seun (80) getrek sodat sy hom kan versorg.

Ada Keating se seun, Tom Keating, moes na die versorgingseenheid trek omdat hy ekstra hulp en versorging nodig gehad het. Dit is toe sy besluit het om ook daarheen te trek sodat sy na hom kan omsien.

Van vier kinders wat gebore is vir Ada en haar oorlede man Harry, is Tom die oudste en enigste seun.

Die twee is baie geheg aan mekaar en het ’n goeie roetine vir hulself geskep.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: