Ondersteuningsbyeenkoms vir Juné van der Merwe

Die uitnodiging is slegs vir mense wat Juné persoonlik ken.

Juné ervaar terugslag – Gebede word versoek

Juné ervaar terugslag – Gebede word versoek

KIMBERLEY. – Vriendinne van Juné van der Merwe (22), wat tans in die intensiewesorgeenheid in Mediclinic Gariep-hospitaal is nadat sy Woensdag omstreeks 22:00 op die N12 pad na Kaapstad, oorkant die GWK-gebou, in ’n gru-ongeluk betrokke was, gaan vir haar haar ’n ondersteuningsbyeenkoms hou.

Van der Merwe se vriendin, Zan-Marie Olivier (22), is in die ongeluk oorlede. Madelein Rudman, eiendomsagent by Mads Properties, is ook ernstig in die ongeluk beseer. Haar kêrel, Roelf Rheeder, het net matige beserings opgedoen. Rudman is ook tans in die intensiewesorgeenheid in Mediclinic Gariep.

Stephanie Serfontein, ’n vriendin van albei meisies, nooi naaste familie en vriende van Juné uit om Saterdag 6 Februarie vir haar ’n ondersteuningsbriefie te kom skryf.

Die uitnodiging is slegs vir mense wat Juné persoonlik ken.

Indien jy wil betrokke wees, WhatsApp vir Stephanie of Daelyn by 071 892 9994 of 076 047 5271.

LEES OOK:

Een meisie beseer, nog een oorlede in gru-ongeluk.

Groot hartseer na gru-botsing.

Bekende eiendomsagent ook in ongeluk betrokke wat meisie se lewe eis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: