Noodboodskap oor motor wat gesoek word, wyd versprei

NOORD-KAAP. – Die polisie het sopas leidrade gevind na karkaste naby die Samaria-pad op ’n plaas gevind is.

PAS BEKEND - motor word gesoek na misdaad glo gepleeg is

PAS BEKEND - motor word gesoek na misdaad glo gepleeg is Foto: Verskaf

KIMBERLEY. – ‘n Noodboodskap oor ‘n motor wat gesoek word in verband met ‘n moontlike misdaad op ‘n plaas naby die Samariapad hier, doen die rondte op Whatsapp-groepe regoor Kimberley.

Die boodskap lees: “Ons vermoed die verdagtes is nog op die plaas en gaan vermoedelik opgetel word. Ons benodig mense om die paaie toe te maak en verdagtes wat hulle wil optel te rapporteer,” lui die boodskap.

Die boodskap is kort daarna gevolg deur nóg ‘n boodskap wat mense maan om nie almal na die Samariapad te gaan nie, omdat dit die ondersoek kan “belemmer”.

FiND iT het ‘n navraag by die polisie ingesit, maar het teen tyd van publikasie geen terugvoer ontvang nie.

LEES VANDAG SE NUUS HIER.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: