NOORD-KAAP. – ’n Middeljarige vrou wat ‘n slagoffer van ’n tref-en-trapongeluk op die N10 tussen Lambrechtsdrift en Karos was, is as Griet Ben geïdentifiseer.
Die voertuig wat by hierdie botsing betrokke was, word steeds deur die polisie gesoek en daarom kan enigiemand wat inligting oor die voorval het vir konst. Vanessa van der Westhuizen by 082 495 4615 kontak.
Die inligting sal met die strengste vertroulikheid hanteer word.
Lees die vorige artikel hier.



