Swede en Denemarke het planne vir ’n entstofsertifikaat

Swede het Donderdag, kort na Denemarke, aangekondig dat hulle besig is om ’n aanlyn-entstof-sertifikaat te ontwikkel, wat gebruik kan word om te reis.

entstof

Foto: Pixabay

Swede het Donderdag, kort na Denemarke, aangekondig dat hulle besig is om ’n aanlyn entstofsertifikaat te ontwikkel, wat gebruik kan word om te reis.

Volgens Eyewitness News het die twee Nordiese lande albei gesê die sertifikate is ontwerp om burgers in staat te stel om oorsee te reis, maar het ook aangedui dat dit moontlik gebruik kan word om te sien of iemand ingeënt is, vir as hulle iets soos ‘n sport- of kulturele geleentheid wil bywoon.

Lees meer artikels hier.

Anders Ygeman, Swede se minister van digitale ontwikkeling, sê: “Met ‘n digitale entstofsertifikaat sal dit vinnig en maklik wees om ‘n voltooide inenting te bewys.”

Swede hoop om die digitale sertifikate teen Junie in werking te hê.  

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het in die verlede die idee van digitale inentingsertifikate oorweeg maar het in Januarie weer gesê hulle is teen die idee om dit as ’n reisvereiste te hê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: