Raad met jou maat – Estelle antwoord

Foto: Canva

Hier is jou kans om ’n anonieme vraag oor jou verhouding te vra. Stuur jou anonieme vraag na [email protected].

Anonieme lesersvraag:

My verloofde werk verskriklike lang ure. Wanneer hy wel by die huis is, is hy op sy foon. Facebook, Youtube en games. Hy praat nie ’n woord nie. Wanneer ek ook stilbly, sal hy hier na die derde dag begin karring en wil weet wat is fout. Dan sê ek vir hom en hom dan raak hy kwaad, want hy sê ek kan ook maar eerste praat. Wat kan ek doen dat hy gesels? Want hy sê ek oorreageer, daarom wil hy nie eintlik praat nie. Ek hoor ook by baie dat ek te veel praat. In die slaapkamer is daar net een probleem. Meeste van die tyd moet ek aan hom vat en hom lus maak, maar hy vergeet van my. Enige raad? Ek’s ’n ooremosionele mens wat altyd die verkeerde woorde gebruik wat gewoonlik ’n bakleiery uitlok. Wat kan ek doen?

Antwoord:

Mans is gewoonlik nie so emosioneel soos vroue nie. Hulle word gestimuleer deur wat hulle sien waar vroue eerder gestimuleer word deur wat hulle hoor. My raad sal wees om ’n tydjie af te knyp, sê vir hom jy wil ’n afspraak met hom maak. Wanneer dit tyd raak vir die afspraak, vra hom om sy foon neer te sit.

Jy sal dan oop en eerlik met hom moet praat sonder om emosioneel te raak of aanvallend te wees. Wanneer jy reeds vir hom verduidelik het hoe jy voel, geen vir hom oplossings vir die probleem.

Waar vroue gewoonlik net wil gesels en gesels totdat hulle beter voel, wil mans eerder ’n oplossing vir ’n probleem hê. So stel oplossings voor en dan los jy dit in sy hande.

Begin jou sin met iets soos: “Ek sal dit waardeer as ons vir ’n uur elke aand , sonder enige tegnologie, gesels” of “Kom ons maak dit ’n tradisie om na werk elke dag vir ’n halfuur koffie te drink en op te vang.”

Dieselfde geld vir in die slaapkamer. Moenie aanvallend wees of blameer nie. Sê eerder: “Ek hou baie daarvan wanneer jy dit of dat doen. Ek sal daarvan hou as jy dit meer doen.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: