February 25, 2021

‘Nee dankie, ek stel nie belang nie’ sê meeste lesers na entstof in Suid-Afrika aankom

“Nee dankie, ek sal die kans vat. Ek weet nie wat in daardie spuit is nie… Hulle gaan seker nog dat jy ‘n vorm moet teken waar jy hulle vryspreek van enige verantwoordelikheid vir as jy dalk doodgaan van dit. Nee dankie,” sê Heidi van Rooyen.

Die entstof was gister die toppunt van bespreking toe een miljoen eenhede gistermiddag in Suid-Afrika aangekom het. President Cyril Ramaphosa het gisteraand in sy toespraak gesê 500 000 eenhede sal in Februarie, twee miljoen in Maart en nege miljoen later die jaar in Suid-Afrika aankom.

Alhoewel meeste mense op die vraag of hulle die entstof sal neem ‘nee’ geantwoord het, was daar wel ‘n paar wat gesê het waarom hulle dit wel sal neem.

“Ja, dankie. As iemand wat in die mediese veld werk, glo ek in immuniteit en glo ek ook aan trop-immuniteit,” sê Marna Britz, ‘n FiND-iT-leser.

Ander lesers het ook gesê hulle het met hulle dokter oor die entstof gepraat en daarom sal hulle dit neem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: