February 28, 2021

Departement van onderwys word vir R65m gedagvaar

Foto: Times Live

KwaZulu-NATAL. –  Nondumiso Magubane (20) ’n matrikulant van die Hoërskool uBulinga dagvaar die provinsiale departement van onderwys vir R65 miljoen nadat sy vermoedelik deur ’n onderwyser met ’n staalpyp aangerand is.

Volgens Times Live het die voorval in Junie 2020 plaasgevind. Magubane sê sy is deur haar Engels-onderwyser aangerand nadat sy nie skool bygewoon het nie weens ’n asma-aanval wat veroorsaak is deur die dra van ‘n masker.

Die ruggraatbesering wat sy opgedoen het veroorsaak dat sy nie lang afstande kan loop of vir lang tydperke kan sit nie. Dit hou haar ook weg van haar boeke.

Haar gesondheid nou ernstig aangetas

Magubane sê: “Ek was van plan om aansoek te doen om in verpleegkunde, sielkunde of landbou te studeer, maar nou is my gesondheid ernstig aangetas, ek het nie ‘n matrieksertifikaat nie en is in en uit die hospitaal.”

Haar maandelikse fisioterapiesessies help haar om stadig maar seker weer reg te loop, maar sy is steeds baie getraumatiseer.

Kwazi Mthethwa, woordvoerder van die onderwysdepartement in die provinsie, het gesê die departement het meer as een keer probeer om akademiese ondersteuning aan haar te bied, maar volgens die skoolhoof was sy die meeste van die tyd in die hospitaal.

Die onderwyser is geskors en van aanranding aangekla. Hy het geen kommentaar gehad nie.

Getuies van die voorval was eers die kans gegun om te fokus op hul matriekeksamen voor daar van hul verwag word om te getuig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: