February 25, 2021

Straatdanser deur kar doodgery

Foto: The Citizen

PRETORIA.- ’n Saak van strafbare manslag is teen ’n motorbestuurder oopgemaak nadat ’n 13-jarige seun Sondag doodgery is.

Volgens The Citizen het adj.-off. Duane Lightfoot, polisiewoordvoerder, gesê die seun is op die toneel dood verklaar. Die seun was glo deel van ’n groep wat by die kruising gedans het vir geld.

Lightfoot het gesê die omstandighede rondom die voorval word ondersoek, maar ’n saak van strafbare manslag is teen die bestuurder oopgemaak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: