Man probeer selfdood pleeg na hy glo sy vrou doodskiet

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN. – ’n Man (40) van hier het na bewering sy vrou geskiet waarna hy homself in die kop geskiet het.

Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die man en sy vrou het glo ’n woordverwisseling voor die voorval gehad. Volgens Makhele wou die vrou haar besittings en hulle kinders na haar ouerhuis neem.

In die kop geskiet

Die verdagte, ’n verkeersbeampte, het toe glo sy dienspistool geneem en sy vrou twee keer in die bors geskiet. Hy het daarna homself in die kop geskiet.

Die polisie het hom met ’n kopwond aangetref en hy is na ’n hospitaal geneem. Die voorval word ondersoek.

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.