Baba nog met naelstring aan in swartsak gevind

PORT ELIZABETH. – Die polisie van Humewood is op soek na die ma van ‘n baba wat in ’n swartsak gevind is. Die baba het nog ’n naelstring aangehad.

Volgens die polisieverklaring het haweloses deur die bos gedwaal toe hulle op ’n swartsak afgekom het. Die ras van die baba kon nog nie bepaal word nie. Die saak word deur die polisie ondersoek.

Enigiemand wat kan help om die moeder op te spoor, word gevra om die Humewood-polisie by 041 5045019/20 te skakel. Indien ’n vrou wat onlangs swanger was agterdog by jou wek, stel die polisie in kennis. Jy kan inligting anoniem aan die polisie stuur.

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: