Die liggame was oral in die huis gevind

OKLAHOMA. – ’n Ouma het die liggame van ’n familie van vier glo na ’n driedubbele moord-selfdood gevind nadat sy gevra is om haar kleinkinders op te pas.

Die ma van die man (31) het by die gesin se huis opgedaag en haar seun, twee kleinkinders van twee en vier jaar oud en die kinders se ma (41) se liggame gevind.

Die ouma sou glo die kinders gaan oppas, maar toe niemand hulle fone antwoord om die planne te bevestig nie, het sy na die gesin se huis gegaan.

Onseker oor gebeure

Die polisie het nie die name van die slagoffers bekendgemaak nie en ‘n moordwapen is nog nie gevind nie. Daarom is hulle onseker wie verantwoordelik is vir die moord op die familielede. Owerhede het die voorval egter as ’n skynbare driedubbele moord-selfdood beskryf

Die liggame van die slagoffers is glo oral in die huis gevind.

Hoewel getuies glo tussen 10:30 en 12:30 luide geluide by die slagoffers se huis gehoor het, is daar tans geen verdere inligting oor die saak beskikbaar nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: