February 28, 2021

DA vra groter optrede teen renosterstropery

Foto: Pixabay

Renosterstropery is ’n tragiese euwel wat steeds in Suid-Afrika plaasvind.

Volgens The South African het Dave Bryant, DA-skaduminister van omgewing, bosbou en vissery, ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) gedoen om die kwynende renosterbevolking deur meer teenstroperypogings aan te spreek.

SANParke se jongste verslag oor die renosterbevolking toon dat daar slegs 3 529 witrenosters en 268 swartrenosters oor is.

Bryant sê die jongste syfers van die departement van omgewing, bosbou en vissery toon stropery het afgeneem, maar dit is duidelik nie die geval nie.  Hy sê toeriste en plaaslike inwoners rapporteer aansienlike lae renostergetalle wat nou deur SANParke se verklaring bevestig is.

Bryant sê die renosterstropery gaan nie stop terwyl die waarde van renosterhorings meer is as dié van goud en kokaïene nie. “Die regering kan nie anderkant toe kyk terwyl 70% van ons renosterbevolking verminder word nie. As daar nie dringend opgetree word nie, kan ons renosters in hierdie generasie nog uitsterf en ons kleinkinders sal dan net renosters op foto’s en in dokumentêre programme kan sien.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: