Vinnige wenke om lekkerder van die huis af te werk

Vinnige wenke om lekkerder van die huis af te werk. Foto: Marta Filipczyk

Vinnige wenke om lekkerder van die huis af te werk. Foto: Marta Filipczyk

Om van die huis af te werk, het die laaste jaar die nuwe norm geword. Ons moes almal aanpas en gewoond raak aan ’n ander en nuwe manier van dinge doen.

Of jy nou daarvan hou of dit haat, om by die huis te werk – vir diegene wat dit kan doen – is algemeen vir baie van ons as gevolg van die pandemie.

Hier is ‘n paar vinnige maniere wat hierdie uitdaging net so bietjie lekkerder sal maak.

1. Sorg vir jou liggaam – as jy van die huis af werk, kan jy maklik vergeet van die basiese behoeftes van jou liggaam. Probeer verskillende posisies te toets en plekke waar jy jou kantoor opstel, so kan jy vinniger fisiese gemak vind. Moet ook nie vergeet om te beweeg en te strek nie.

2. Skep ’n sensoriese omgewing – kyk na maniere om aangename sensasies in jou werkruimte toe te voeg. Speel natuurklanke, kies ’n helderkleurige beker vir jou oggendkoffie, kry lekker baie vars lug en sit by ’n gemaklike tafel.

3. Kry ’n bietjie sonskyn – navorsing toon as jy meer blootstelling aan daglig kry, jy beter slaap. Dit beteken jy is minder gestres en bedags meer aktief is – jou brein en jou liggaam.

4. Bring plante in – die toevoeging van ’n paar plante kan stres verminder en konsentrasievermoë herstel.

5. Vat kort breuke – jy het nog steeds rus nodig, al werk jy van die huis af. Vat kort breuke deur die dag om jou brein te vervars en jou ’n hupstoot te gee.

Het jy nog idees?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: