Ndlovu-jeugkoor se nuwe inentingslied

Ndlovu jeugkoor se nuwe inentingslied. Foto: YouTube
SUID-AFRIKA. – Die gewilde Ndlovu-jeugkoor, wat beroemd geraak het te danke aan hulle boeiende vertonings op America’s Got Talent, het ’n Covid-19-inentingslied vrygestel.
Deur hulle lied Jaba Jaba, hoop die koor om Suid-Afrikaners aan te moedig om hulle inentings te kry sodat die lewe binnekort weer kan terugkeer na ’n vorm van normaal.
Die eerste entstowwe het onlangs in SA aangekom en mense verskil oor of hulle vir of teen die inenting is.
Die koor, wat gestig is in 2009, het by die gesprek aangesluit en hoop om almal deur middel van sang te bereik.
Bron: Good Things Guy