Semen maak amok in boarm

’n Man het ’n groot abses in sy boarm ontwikkel nadat hy homself herhaaldelik vir 18 maande lank met sy eie semen ingespuit het. Hy het dit glo as ’n alternatiewe manier gebruik om van sy kroniese rugpyn ontslae te raak.

Die arm van die man het rooi geword en geswel as gevolg van ’n diep abses wat ontwikkel het.

Die man is in die hospitaal opgeneem en dadelik binneaarse antimikrobiese behandeling toegedien.

Hy is kort daarna ontslaan. Die vreemde ding is dat die rugpyn afgeneem het terwyl hy in die hospitaal was, aangesien hy behandeling vir sy eie ‘behandeling’ ontvang het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: