‘Mense speel met gevaar’ lui kommentaar na BMW vriend tref

’n Video van ’n BMW wat voor sy vriende in die straat spin, het woedende kommentaar uitgelok toe die BMW-bestuurder sy vriend raak ry.

“Mense respekteer nie meer gevaar nie, hulle speel daarmee,” lui een van die kommentare op die video.

“Dit kon baie erger gewees het. Hy is gelukkig,” sê ’n ander persoon.

Die persoon wat raakgery is, stap in die begin van die video nader aan die motor wat oor die pad spin. Die motor tref hom toe hy sy rug op die motor draai om na die kamera te kyk. Sy voete word deur die motor se voorkant onder hom uit geslaan. Hy val hard op die grond neer en spring dan vinnig weer op. In die video kan gehoor word hoe die groep mense oor die voorval lag. Geen ander inligting is oor die voorval bekend nie.

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: