Raad met jou maat – Estelle antwoord

Hier is jou kans om ’n anonieme vraag oor jou verhouding te vra. Stuur jou anonieme vraag na [email protected].

Anonieme lesersvraag:

My man kyk pornografie. Hy weet nie ek weet hy kyk dit nie, maar dit maak my baie seer en maak dat ek nie goed genoeg voel nie. Wat moet ek doen?

Antwoord:

Jy sal oop en eerlik met jou man moet praat en sê hoe dit jou laat voel sonder om aanvallend te wees. Begin deur vir hom te sê jy weet hy kyk daarna. Sê dan vir hom jy voel seergemaak en minderwaardig. Indien hy jou belange op die hart dra, sal hy jou tegemoetkom.

Onthou ook net pornografie kan ’n verslawing word, so indien hy nie self van die gewoonte ontslae kan raak nie, sal julle dalk professionele hulp moet inroep.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: