February 25, 2021

Jou gunstelingrestaurant het jou nodig

SUID-AFRIKA. – Restauranteienaars en werknemers is almal geraak deur die regulasies wat toegepas is toe die tweede Covid-19-golf toegeslaan het.

Dit kan duidelik gesien word hoe restaurante en hul hardwerkende eienaars, bestuurders, en personeel almal geraak is deur die regulasies wat toegepas is toe die tweede Covid-19-golf toegeslaan het.

Nou is dit belangriker as ooit om aan te hou om hulle te ondersteun en om die leë sitplekke vol te maak.

Wat kan jy in hierdie onsekere tye doen om die restaurant te ondersteun? Daar is ’n paar eenvoudige, maar baie effektiewe maniere om dit te doen.

1.   Gaan en geniet ’n ete. Daar is geen verskoning om nogsteeds ’n heerlike maaltyd saam met familie en vriende te eet nie.

2.   Jy kan ook ’n maaltydbewys as geskenk koop, of dit later gebruik. Valentynsdag is om die draai en dit sal ’n wonderlike bederf wees vir jou beter helfte.

3.   Koop wyn aanlyn vir wanneer die regulasies dit weer toelaat. Dit help veral die wynplase om te voorkom dat hulle hulle deure sluit.

4.   Sosiale media is baie effektief en deur ’n restaurant se Facebook-bladsy te deel, kan ’n baie groot mark dit sien.

Wat gebeur as jy restaurante ondersteun? Meer geld sal in die ekonomie gehou word, werkgeleenthede word geskep, kulturele diversiteit word bevorder deur voedsel, en kreatiwiteit and groei word ondersteun.

Elke bietjie help!

Werk red lewens. Dit is so eenvoudig.

Wat is jou voorstelle?

Foto: Nick Karvounis

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: