Polisie steeds op soek na verdagtes wat glo besigheidseienaar in winkel skiet

Foto: Facebook

WORCESTER. – Die polisie vra die gemeenskap om op die uitkyk te wees vir die vier mans wat glo die besigheidseienaar, Charl Munnik (44), tydens ’n rooftog in sy juwelierswinkel doodgeskiet het.

Vathiswa Jacobs, polisiewoordvoerder, sê die motief vir die moord is onbekend. Jacobs sê die verdagtes het van die toneel in ’n blou Honda Civic gevlug. Die juwelierswinkel bestaan al sedert 1974.

Huldeblyke het minute na die voorval plaasgevind het op Munnik se sosialemediablad ingestroom. Motorfietsryers het gister voor sy winkel, Munnik Juweliers, in Hoogstraat bymekaarkom en blomme voor die deur neergesit. Mense op Facebook verander ook hulle foto’s sodat die woorde Justice for Charl Munnik daarop staan.

Foto: Facebook
Foto: Facebook

*Volg Find It hier vir meer stories.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: