WAARSKUWING: Nie vir sensitiewe kykers nie.
VERENIGDE STATE. – ’n Swart meisie (9) is hier deur die polisie met pepersproei gespuit en geboei.
Die meisie, wat van aan ’n psigiese toestand lei, het gedreig om haar ma en haarself dood te maak. Beamptes wat Vrydag na die toneel ontbied is, het haar geboei voordat hulle haar in ’n motor probeer dwing het. Toe sy weerstand bied, het hulle haar met pepersproei gespuit.
Die beeldmateriaal van ’n liggaamskamera is Sondag deur die polisie vrygestel.
Beeldmateriaal van polisiegeweld teen Afro-Amerikaners, insluitend die moord op George Floyd in Mei, het verlede jaar ’n seisoen van protesoptogte in die VSA teen rasse-onreg en polisiewreedheid veroorsaak.
Dit is die tweede keer in ’n jaar wat die stad Rochester nasionaal ondersoek word weens polisiegeweld teen Afro-Amerikaners. Die eerste keer was ná die dood van Daniel Prude in Maart verlede jaar. Hy is dood nadat die polisie hom in bedwang gebring het.
Die dood van Prude, wat aan ’n geestesgesondheid gelei het, het tot ’n groot jurie-ondersoek en massaprotes gelei.


