ORANIA. – Die soektog na Klarissa Joubert (19), op die Oranjerivier, sal later vandag voortgaan.
Klarissa, ‘n sielkundestudent, het Donderdagmiddag saam met vriende op binnebande op die rivier gedryf, toe sy afgeval het. Sy is deur die rivier se stroom meegesleur.
Joost Strydom, voorsitter van die Orania Beweging, sê drie helikopters is sedert 06:15 vanoggend in die lug en twee bote in die water.
“Die brug en Sandbaai word beman. Die soektog het steeds niks opgelewer nie. Hulp van die gemeenskap stroom steeds in. Gisteraand se groepe wat wag gestaan het word vanaand vanaf 20:00 weer ontplooi. Betrokke persone kan 15 minute voor elke skof aanmeld by die betrokke punt. Kontakbesonderhede vir navrae volg hierna.”
Strydom sê die soektog beloop duisende rande en mense wie wil bydra, kan hieronder besonderhede kry:


Lees volledige vorige berig hier.



