BLY OP HOOGTE: Soektog langs Oranjerivier op Orania na vermiste 19-jarige

ORANIA. – ‘n Grootskaalse soektog is hier aan die gang na die 19-jarige Klarissa Joubert wie in ‘n fratsongeluk deur die Oranjerivier se stroom meegesleur is.

Joost Strydom, voorsitter van die Orania Beweging, sê drie helikopters is beskikbaar gestel om die roete en oewers te fynkam, 100 mense het gisteraand opgedaag om te help soek en mense werk nou in skofte.

Klarissa, ‘n sielkundestudent, het Donderdagmiddag saam met vriende op binnebande op die rivier gedryf, toe sy afgeval het. Sy is deur die rivier se stroom meegesleur.

23 Januarie: 13:01 Helikopers besig om te soek.

23 Januarie, 12:50: LIVE van die toneel af. Kyk hier:

https://fb.watch/3bKtXwaiMY/

23 Januarie, 12:36: Die stroom in die rivier is sterk. Reddingswerkers is in drie skofte opgedeel. Dis nou te warm vir die helikopters om te vlieg.

Die video wys hoe dit nou by die rivier lyk.

Gemeenskapslede met bote, hommeltuie, helikopters en te voet, span almal saam om te help soek.
Dit is baie warm op Orania en die helikopters wat help soek, moes eers land.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: