Lyk van baba agt-maande-oue baba in vlak graf gekry

Foto: Pixabay

WARRENTON. – Die lyk van ‘n agt-maande-oue baba is vandag hier gekry.

Kapt. Olebogang Tawana, polisiewoordvoerder, sê die voorlopige ondersoek wys die baba is op 5 Januarie vanjaar dood.

“Dit wil voorkom of die ouers ‘n vlak graf gegrawe het en die baba begrawe het. Verdere ondersoek dui daarop dat die ma agt maande terug gelede, sonder enige mediese bystand, by haar huis geboorte gegee het. Die geboorte is nooit bekendgemaak nie.”

Tawana sê beide ouers word ondervra vir verdere ondersoek. Die oorsaak van dood word ook ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: