KYK: Video wys hoe polisielede mans met sambok slaan

WES-KAAP. – ’n Video waarin gesien kan word hoe twee polisielede mans by ’n polisiewa met ’n sambok slaan is van gister af op Facebook gedeel.

“Waar is jou masker?” skree die een polisieman in die video. ‘n Ruk daarna haal hy sy sambok agter sy rug uit en begin die man te slaan.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Maandag op Worcester plaasgevind. Volgens Potelwa is die gebruik van ‘n sambok deur polisielede nie net onwettig nie, maar is onregmatig.

Die polisielede in die video is geïdentifiseer. Die ondersoek duur voort om te bepaal wat voor die video gebeur het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: