Meise se dapperheid ontbloot verdagte kinderverkragter

Foto: Times Live

 GAUTENG. –  ’n Meisie (9) se dapperheid het gelei tot die ontbloting van ’n man wat glo kinders seksueel aanrand.

Volgens Times Live het die meisie gesien hoe ’n vyfjarige meisie uit die sinkhuis van ’n 22-jarige man loop. Sy het die vyfjarige gekonfronteer en haar gevra wat sy daar gedoen het. Die twee het gepraat oor wat in die sinkhuis gebeur het.

Die vyfjarige het glo teenoor die negejarige oopgemaak oor die seksuele aanranding wat sy beleef waarop die negejarige ook bely het dieselfde man het haar ook aangerand.

Die ma van die ouer kind sê ’n buurman/buurvrou het gehoor waaroor die kinders gepraat het en het dit gaan aangee.

“My dogter het gesê sy het besluit om die vyfjarige te konfronteer omdat sy geweet het dat die oom haar ook seergemaak het.”

Intussen het vier ander kinders ook na vore gekom met bewerings van seksuele aanranding teen die man.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: