February 26, 2021

Ouers steek vermeende verkragter vir polisie weg

KAAPSTAD. – ’n Vermeende verkragter (26) is in hegtenis geneem nadat die polisie agtergekom het sy ouers vertel glo leuens aan die polisie om hom uit die tronk te hou.

Die verdagte het na bewering sy vrou verkrag en die polisie sukkel al van die begin van die maand om hom op te spoor.

Die polisie het by die verdagte se ouerhuis aangekom waar hulle verbied was om in te gaan. Die ouers het aan die polisie gesê hulle is besig om te bid. Na ’n ruk is twee polisielede ingelaat.

Die verdagte is agter op ’n bakkie onder komberse gevind.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: