KANADA. – ’n Man van Kalifornië wat volgens die polisie beweer hy is te bang om weens die Covid-19-virus te vlieg, het drie maande lank in ’n veilige plek op die O’Hare- internasionale lughawe weggekruip totdat hy die naweek in hegtenis geneem is.
Aditya Singh (36) bly al sedert 19 Oktober op die lughawe. Het glo met een van die lughawe se ID-kaarte om sy nek geloop. Een van die werknemers het die kaart op 26 Oktober as vermis by die bestuur aangemeld.
Singh het aan die hof gesê verskeie mense op die lughawe het vir hom kos gegee. Hy is op borg vrygelaat en sal weer later die maand in die hof verskyn.




