424 personeel deur Noord-Kaapse gesondheidsdepartement aangestel

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Die departement van gesondheid sê 424 poste, wat wissel van mediese beamptes, aptekers, verpleegsters en gesondheidswerkers, is in al die distrikte van die provinsie gevul.

“As deel van die pogings om toegang tot gesondheidsorg in die hele provinsie te verbeter, is Maruping Lekwene, LUR vir gesondheid, verheug oor die vordering wat die departement gemaak het om die kliniese kapasiteit van die gesondheidsfasiliteite en die bestuur van Covid-19 te verbeter,” sê Lebogang Majaha, mediaskakelbeampte.

Namakwa het 52 personeellede, ZF Mgcawu 57, John Taolo Gaetsewe 43, Frances Baard 58, Pixley Ka Seme 57 en Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal 148 personeellede ontvang.

Majaha sê die LUR het het ook aandag gegee aan die aanstellings van nie-kliniese personeel – soos kruiers, klerke en skoonmakers in gesondheidsfasiliteite wat ’n tekort ervaar.

Die LUR het sy dank aan alle gesondheidswerkers uitgespreek vir hul pogings om die lewens van mense te red en te verbeter. Hy het ook sy innige meegevoel betuig oor die 16 gesondheidspersoneel wat hul lewens weens Covid-19 verloor het.