16 beseer na taxi in paal vasry

JOHANNESBURG. – ’n Minibustaxi het vanoggend in ’n paal in Snipestraat in Horison vasgery. 16 mense is beseer.

Volgens ER24 het hulle vanoggend die taxi op die sypaadjie gevind. Paramedici het die beseerdes ondersoek en bevind twee mense het ernstige beserings opgedoen, terwyl veertien ander ligte tot matige beserings gehad het. Die twee met ernstige beserings is na ‘n hospitaal vir verdere behandeling geneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: