February 26, 2021

Verkeerde liggaam daag op by begrafnis

Foto: Pixabay

DURBAN. – ’n Familie van Umkomaas sê hulle is verpletter en woedend nadat ’n begrafnisondernemer die liggaam van ’n vrou by hul pa se begrafnis aangebring het.

Volgens IOL het Robert Mthethwa (75) se familie gesê hy is die 9de Januarie aan natuurlike oorsake oorlede. Dit was later bevestig dat hy wel vir Covid-19 positief getoets het.

 Khethiwe Mpanza, oudste dogter van Mthethwa, sê die dag van die begrafnis het sy en haar familie gesien die kis wat deur Ncanda Funerals gebring is, is kleiner as die van haar pa. Die familie wou graag haar pa mooi aantrek vir die begrafnis. Toe hulle die kis oopmaak het hulle die lyk van ’n 30-jarige vrou ontdek.

“Hulle het die verkeerde lyk na my pa se begrafnis gebring. Hoe kan hulle die liggaam van ‘n vrou in haar dertigs verwar met dié van ‘n man in sy sewentigs? Ons is nie okei nie. Ons weet nie wat om te doen nie, en dit voeg nog hartseer by bo die verlies van ons vader,” het Mpanza gesê.

Ncanda Funerals het verskeie takke en Mpanza vrees haar pa is dalk alreeds tydens ’n ander begrafnis begrawe.

“Ons het antwoorde nodig. Hulle moet ons vader se liggaam terugbring, want dit is nie reg nie. Ons moet die regte persoon begrawe sodat ons en ons vader se gees in vrede kan verkeer.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: