Dit is maklik om te begin rook, maar om op te hou is ’n ander storie.

Foto: Pixabay

Dink jy daaraan om sigarette te los? Hier is ’n paar lesers se ervaring met die proses.

Rudwaan Kennie sê hy het agt jaar gelede opgehou met die “kankerstokkie” en sal dit nooit weer doen nie. Hy spandeer nou sy geld aan ander luukshede.

Chené Brits vertel haar 78-jarige oupa het vanaf hy 13 was gerook en is vandag twee jaar lank rookvry. “Dit het sy hart se are baie vernou, wat ’n hartaanval veroorsaak het en hy moes ’n operasie ondergaan.”

Christine Swart sê: “Ek is nou 7 maande skoon en sal nooit weer rook nie. Dit is maklik om op te hou, maar moeilik om vol te hou.”

Mohammed Prinsloo vertel sy dokter het vir hom gesê as hy aanhou om agt kartonne sigarette in ’n maand te rook, gaan hy binne twee jaar begrawe word. Hy sê hy het Zyban gebruik en is nou al 12 jaar sonder sigarette.

Hilda Harding sê sy het op Moedersdag verlede jaar opgehou rook en is vreeslik spyt. Dit het glo ’n groot impak op haar gesondheid gehad. Sy sukkel met hoë bloeddruk en is kortasem, wat sy nooit ervaar het tot sy die rook gelos het nie. “Ek sal nie weer begin rook nie, maar ek raai ander aan om nie net so op te hou nie. Dit is ’n groot skok op jou liggaam.”

Elize van Heerden het die rook nege maande gelede gelos. “Ek voel stukke beter en spaar baie geld.”

Mandy York sê sy het vir twee en ’n half jaar die rook gestaak en het baie gewig aangesit. Sy het na die eerste inperking besluit om weer te begin. “Ek het die mental dingvan rook baie gemis, nie noodwendig die sigaret self nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: