Moet sekere Suid-Afrikaners gereed maak vir ‘n tropiese storm?

Die SA Weerdiens sê hy hou die matige tropiese storm, Eloise, in die komende dae noukeurig dop om vas te stel watter impak dit op Suid-Afrika gaan hê.

Eloise is ‘n vars tropiese stelsel in die noordoostelike kwadrant van Madagaskar geleë. Sy word tans as ’n matige storm geklassifiseer, maar kan nog versterk.

Die weerdiens verwag dat die tropiese storm vandag Madagaskar gaan bereik en gaan versterk, wat winde tot 100 km/h kan veroorsaak. Eloise sal na verwagting Saterdagmiddag suidoos van Beira, Mosambiek, wees. Dit is wanneer die storm goed gemonitor moet word, want dit kan die komende naweek langs die suidelike Mosambiekse kuslyn, tussen Beira en Vilanculos, land.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: