MITCHELLS PLAIN.-. ’n Man (43) is in hegtenis geneem nadat hy glo ’n 10-jarige meisie, wat lekkers by sy winkel gaan koop het, gemolesteer het.
Volgens The Citizen het die meisie Saterdag vermis geraak. Na ’n soektog het inwoners die meisie deur ’n gat in die winkel gesien en die deur afgeskop.
Die ouma van die dogtertjie vertel hulle het 17:00 besef sy is weg en het die polisie geskakel. Die inwoners het ’n soektog begin en pamflette laat druk.
Teen 22:00 die aand het ’n inwoner gesê die dogtertjie is laas by die spesifieke winkel gesien. Dis toe dat die inwoners haar deur ’n gaatjie in die winkel sien en die deur afskop. Verder sê die ouma die dogtertjie was vasgebind, haar mond was toegeplak en sy was gemolesteer.
Die verdagte was al vantevore aangekla vir molestering, hy is gearresteer en sal binnekort in die hof verskyn.



