Vier maande oue baba verlate gevind

OOS-KAAP. – Die polisie op Mthatha is op soek na familielede, ouers of die moeder van ‘n babaseuntjie, ongeveer twee tot vier maande oud, wat deur gemeenskapslede in ‘n oop stuk veld gevind is.

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder, sê die baba is tans op ‘n veilige plek terwyl sy ouers en familielede opgespoor word. Volgens Tonjeni is die baba in Efata Extension, Chris Hani Park, Mthatha gevind.

‘n Saak van kinderverlating is geopen en word tans ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: