Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gisteraand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.
Die infeksiesyfer het oornag met 13 973 meer geword. Daar is nou in totaal 1 325 659 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 36 851 en 1 083 978 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 7 558 774 toetse vir die virus doen.



