Seun (7) sterf tydens skietery

SOWETO. – ’n Seun (7) is doodgeskiet nadat verdagtes glo op ‘n informele huis waarin dié seun en drie mans geslaap het, geskiet het.

Die drie mans is tydens die voorval beseer. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, sê ’n saak van moord en poging tot moord word ondersoek. Die motief is nog onduidelik.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting om die polisie op Moroka te skakel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: