Bejaardes vasgevang na oorstromings

VANDERBIJLPARK. – ’n Bejaarde egpaar is per helikopter na droë land vervoer nadat die omgewing erge reën en oorstromings gehad het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê hulle het die naweek verskeie oproepe ontvang na die oorstromings in Loch Vaal. Een van die gevalle was ’n bejaarde egpaar. Herbst sê nooddienswerkers kon nie die egpaar wat gestrand was, suksesvol skuif nie.

’n Oryx-helikopter van die Suid-Afrikaanse lugmag is ontbied om die egpaar na droë grond te hys. Die egpaar is ongedeerd.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: