Motor beland onder vragmotor

VRYSTAAT. – Vier mense is gister op die toneel dood verklaar na ‘n motor onder ‘n vragmotor by die T-aansluiting van Botshabelo-Wes beland het.

Sipho Towa, van EMS-nooddienste, het aan OFM gesê ‘n BMW het onder ‘n vragmotor wat vanaf Thaba Nchu gery het, beland. Dit het veroorsaak dat die vragmotor kantel.

Die nooddienste waarsku motoriste om versigtig op die paaie wees, veral as die paaie nat is van die reën.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *