Elon Musk word gevra om nuwe app vir Trump te ontwerp

Donald Trump Junior het in ’n Instagram-video aan Elon Musk gevra om ‘n nuwe app vir sy pa te ontwerp nadat Donald Trump permanent van Twitter geskors is.

“Ek is nie op soek na ’n konserwatiewe eggokamer nie. Ek wil ’n platform hê om my idees teenoor ander uit te spreek, sonder dat mense jou op jou plek sit. Elon, hoekom doen jy dit nie? Ek dink jy is letterlik die man wat vryheid van spraak in Amerika kan bevorder.”

Musk het nog nie op die versoek gereageer nie. Twitter het ook enige ander profiele wat Trump onlangs probeer oopmaak het, verwyder.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *