Man ry teen 240 km/h in Mercedes-Benz

LIMPOPO. – ’n Man (37) is in hegtenis geneem nadat hy teen ’n snelheid van 240 km/h op die N1 gery het.

Matome Moremi-Taueatsoala, woordvoerder van die vervoer- en gemeenskapsveiligheidsafdeling, het die man se inhegtenisneming bevestig. Die man is in die Pienaarsrivier-polisiekantoor aangehou en van roekelose en nalatige bestuur aangekla.

Die bestuurder het in ’n Mercedes-Benz C220d AMG gery.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *