Covid-19 in SA: Só lyk die syfers nou

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gisteraand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.
Die infeksiesyfer het oornag met 14 880 meer geword. Daar is nou in totaal 1 311 686 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 36 467 en 1 062 690 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 7 433 571 toetse vir die virus doen.