’n Vrou wat mooi na haar hande kyk, kyk mooi na haarself

Foto: Times magazine

Ons almal weet deur jou hande konstant te was of te reinig, beskerm jy jouself teen die Covid-19-virus. Ongelukkig veroorsaak al die gewas en chemikalieë van handreinigers ons velle om droog te raak.

Volgens Ucla Health bestaan die buitenste laag van ons vel uit olies en was, wat die vel beskerm van buite, en die vogtigheid van die vel binne isoleer. Handreinigers en seep beskadig hierdie olielaag. As jy nie jou hande gaan versorg nie, kan dit lei tot droogheid, rooiheid, jeuk, afskilfering, ongemak en in ernstige gevalle krake in die vel.

Sara Hogen, ’n dermatoloog, het die volgende wenke gegee om ons hande te beskerm:

  • Was jou hande met ’n sagte geurvrye seep om die vuil te verwyder. Moenie te veel seep gebruik nie en was vir 20 sekondes en spoel af.  Was met lou water, nie warm water nie en druk jou hande met ’n handdoek droog. Smeer dadelik ’n bevogtiger aan jou hande.
  • Vermy enige produkte wat geurmiddels bevat. Die produkte wat geur bevat, kan droë hande irriteer.
  • Wees versigtig met die tipe room wat jy aan jou hande sit. Maak seker dit is handeroom. Selfs petroleum is ’n baie goeie keuse.
  • Sit ’n handmasker voor slaaptyd aan. As jy nie ’n handmasker kan kry nie, smeer die hande dik met ’n bevogtiger en trek katoenhandskoene aan. Dit sal help dat die vel meer vog absorbeer.
  • Kry ’n lugbevogtiger in jou slaapkamer. Dit sal jou help dat jou vel nie uitdroog nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: