Man in hegtenis vir die besit van pangolienvel

UPINGTON. – Lede van die Upington-snelwegpatrollie het ’n manlike verdagte in hegtenis geneem in verband vir die besit van pangolienvel nadat hulle leidrade ontvang het.

Die verdagte is op ’n staproete in Upington wat na Olifantshoek lei, gevind. Hy is deursoek en daar is pangolienvel in sy besit gevind. Die vel van dié bedreigde spesie het ongeveer ’n waarde van R 108 750,00 en weeg 2,05 kg.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Upington-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: