Kenners deel hul bekommernisse oor S-A se Covid-19-variant

Foto: Pixabay

Kenners is baie bekommerd oor die variant wat in Suid-Afrika gemuteer het.

Wetenskaplikes sê dit is ’n algemene aspek van ’n virus om te muteer wanneer die virus vermeerder en versprei. Volgens CNBC het wetenskaplikes nog geen bewyse dat die nuwe Covid-19-variant, 501Y.V2, wat in Suid Afrika ontstaan het, enigsins dodeliker is as die gewone Covid-19-virus nie.

In beide Engeland en Suid Afrika het ’n mutasie van die Covid-19-virus plaasgevind. Die mutasie is gevind in die proteïen wat die virus gebruik om binne-in die menslike sel in te gaan. Dit veroorsaak dat die virus makliker oorgedra kan word en meer doeltreffend versprei. Die 501Y.V2, gevind in Suid-Afrika, het nog twee proteïene wat gemuteer het, wat Engeland se mutasie nie het nie. Wetenskaplikes is bekommerd oor hoe Suid-Afrika se Covid-19-variant op die entstof gaan reageer.

Die voormalige Amerikaanse FDA-hoof, dr. Scott Gottlieb, het gesê: “Die Suid-Afrikaanse variant is tans baie kommerwekkend omdat dit blyk asof dit sommige van ons mediese teenmaatreëls omseil.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: