Pasop vir ’n vals negatiewe Covid-19-toets

Het jy al van mense gehoor wie se eerste toets negatief is en dan wys hulle tweede toets positief?

Verskeie faktore

Dokter Marina Klokke, spesialishuisarts, sê daar is verskeie faktore wat kan bydra tot vals toetsuitslae.  Dit kan ook gebeur wanneer die monster nie van voldoende gehalte is nie. Die kans vir ’n vals negatiewe Covid-19-toets is ongeveer 30%.

Effektiwiteit neem af

Die hoofredes vir ’n vals negatiewe Covid-19-toets kan wees:

  1. Die toets is nie op die regte manier uitgevoer nie en die persoon wat die toets doen, het nie die regte tegniek gebruik nie.
  2. Die monster is nie op die regte manier in ’n koel temperatuur geberg nie.
  3. Die monsters is nie vinnig genoeg na die laboratorium vervoer nie en die effektiwiteit van die monster het afgeneem.
  4. Die toets word te vroeg gedoen en die virus het nie genoegsame virale replisering gehad om ’n beduidende virale lading op te bou nie.

Isoleer

Suid-Afrikaners word dus aangemoedig om te isoleer indien hulle kontak met iemand gehad het wat positief vir die virus getoets het. Indien jy siek voel of enige simptome begin wys, bly by die huis en kontak jou geneesheer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: